Welkom by Wikipedia,
Maandag, 25 Oktober 2021
Hier is tans 100 703 artikels in Afrikaans.
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep.
Inleiding  Hulp  Kontak Gebruikersportaal  Voorbladartikels  Kategorieë  Stel ’n vraag

Bluebg.png

Cscr-featured with ring.svg
Voorbladartikel
Onderwater pilare, met die moderne stad op die agtergrond.

Tirus (Arabies: صور Ṣūr; Frans: Tyr; Grieks: Τύρος Tyros) is een van die oudste aaneenlopend bewoonde stede in die wêreld, hoewel dit ’n paar eeue in die Middeleeue net ’n klein inwonertal gehad het. Dit was een van die eerste Fenisiese stede en die legendariese geboorteplek van die Fenisiese prinses Europa, haar broers Cadmus en Phoenix, sowel as Kartago se legendariese stigter, Dido (Elissa).

Herodotos het Tirus omstreeks 450 v.C. besoek en gesê volgens die plaaslike priesters is die stad omstreeks 2750 v.C. gestig. Volgens argeologiese bewyse was egter reeds omstreeks 2900 v.C. nedersettings op die terrein. Die stad het baie antieke terreine, soos ’n hippodroom, en kom as geheel voor op Unesco se lys van wêrelderfenisgebiede. Die historikus Ernest Renan het gesê: "'n Mens kan Tirus ’n stad van ruïnes noem wat van ruïnes gebou is."

Die Bybel verwys verskeie kere na Tirus, veral in Jesaja 23, waar die stad se ondergang voorspel word. Koning Hiram I was ’n tydgenoot van Dawid en Salomo. Jesus het ook die streke Tirus en Sidon besoek.

Tirus is vandag die grootste stad in Libanon naas Beiroet, Tripoli en Sidon. Dit is sowat 80 km suid van die hoofstad, Beiroet, geleë. Dit het aanvanklik uit twee afsonderlike gebiede bestaan: 'n eiland naby die kus en ’n verwante nedersetting op die vasteland. Alexander die Grote het in 332 v.C. 'n straatweg laat bou om die eiland met die vasteland te verbind en Tirus vorm dus nou 'n skiereiland.

Tirus is die hoofstad van die Tirus-distrik in die goewernoraat Suid-Libanon. In die stedelike gebied was daar in 2006 sowat 200 000 inwoners. Dit sluit baie vlugtelinge in, omdat drie van die land se 12 Palestynse vlugtelingkampe in Tirus geleë is. Buite die moderne stad lê ’n argeologiese terrein met oorblyfsels van die antieke stad.

Tirus het ’n Mediterreense klimaat met warm somers. Dit is ses maande per jaar droog, met ’n gemiddelde jaarlikse temperatuur van 20,8 °C. Die reënval is gemiddeld 645 mm per jaar.

...lees verder

Bluebg.png

HSAktuell.svg
In die nuus
Dale Steyn in 2009

Bluebg.png

HSVissteduatt.svg
Het u geweet...

...dat die Skotse uitvinder John Logie Baird reeds in 1926 in Londen die eerste publieke demonstrasie van 'n televisie gegee het? 10 jaar later was daar slegs 100 televisiestelle in die wêreld; vandag is daar meer as 1,5 miljard.

...dat Indië die land is wat die meeste rolprente vervaardig? Die Indiese rolprentbedryf, waaronder ook Bollywood, vervaardig jaarliks 'n gemiddelde 800 rolprente, twee keer soveel as Hollywood.

Bluebg.png

HSDagensdatum.svg
Vandag in die geskiedenis

25 Oktober:

Slag van Agincourt

Bluebg.png

HSBild.svg
Voorbladbeeld
Die droë, warm soutkors van die Etoshapan in Namibië, glimmend-wit en stowwerig.
Die boom is 'n Acacia tortilis.
Die droë, warm soutkors van die Etoshapan in Namibië, glimmend-wit en stowwerig. Die boom is 'n Acacia tortilis.
Bluebg right.png
Vind artikels
Vista-xmag.png

Geografie - Geologie
Suid-Afrika  Namibië  Botswana  Eswatini  Lesotho  Mosambiek  Zimbabwe

Afrika  Suider-Afrika  Amerika  Antarktika  Asië  Europa  Oseanië

Rusland  Turkye  Verenigde State van Amerika

Lande  Baaie  Berge  Eilande  Mere  Oseane  Riviere  Woestyne

Geskiedenis
Argeologie  Datums  Kulturele geskiedenis  Oorloë  Religieuse geskiedenis  Rewolusies  Vroeë beskawings  Antieke Egipte

Kultuur
Akteurs  Argitektuur  Dans  Letterkunde  Mitologie  Griekse mitologie  Mode  Museums  Musiek  Rolprente  Taal  Vermaak

Natuur
Bewaringsgebiede  Diere  Plante

Religie
Agnostisisme  Baha'i  Boeddhisme  Christendom  Gnostisisme  Hindoeïsme  Islam  Judaïsme  Mitologie  New Age  Paganisme  Politeïsme  Satanisme  Sikhisme  Zoroastrisme

Samelewing
Besigheid  Ekonomie  Politiek  Sport  Vervoer

Taal
Kunsmatige taal  Natuurlike taal  Taalfamilies  Skryfstelsels

Tegnologie
Elektronika  Fotografie  Inligtingstegnologie  Klanktegnologie  Voertuigtegnologie

Wetenskap
Biologie  Chemie  Filosofie  Fisika  Natuurwetenskap  Sielkunde  Sosiologie  Sterrekunde  Wiskunde

Artikelindeks  Kategorieboom  Lyste  Hoe soek ek?

Bluebg right.png
Wikipedia in ander tale
Gnome-globe.svg


Weergawes met meer as 1 000 000 artikels
العربيةمصرىCebuanoDeutschEnglishEspañolFrançaisItaliano日本語NederlandsPolskiPortuguêsРусскийSvenskaУкраїнськаWinarayTiếng Việt中文
Weergawes met meer as 750 000 artikels
Weergawes met meer as 500 000 artikels
CatalàفارسیSuomiBahasa Indonesia한국어Norsk (bokmål)‬Српски / srpski
Weergawes met meer as 250 000 artikels
БългарскиНохчийнČeštinaDanskEsperantoEuskaraעבריתMagyarՀայերենBahasa MelayuRomânăSrpskohrvatski / српскохрватскиТатарча / tatarçaTürkçeBân-lâm-gú
Weergawes met meer as 100 000 artikels
AfrikaansAsturianuAzərbaycancaتۆرکجهБеларускаяবাংলাCymraegΕλληνικάEestiGalegoहिन्दीHrvatskiქართულიҚазақшаLatinaLietuviųLatviešuBaso MinangkabauМакедонскиမြန်မာဘာသာNorsk (nynorsk)‬Simple EnglishSlovenčinaSlovenščinaதமிழ்ТоҷикӣไทยاردوOʻzbekchaVolapük粵語
Weergawes met meer as 50 000 artikels
БашҡортБеларуская (тарашкевіца)BrezhonegBosanskiGaeilgeKreyòl ayisyenÍslenskaBasa JawaKurdî / كوردیКыргызчаLëtzebuergeschMalagasyമലയാളംमराठीPlattdüütschनेपाल भाषाOccitanPiemontèisشاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī)ScotsShqipBasa SundaKiswahiliŚlůnskiతెలుగుTagalogVèneto

Lys van alle taalweergawes van Wikipedia


Bluebg right.png
Susterprojekte
Wikimedia-logo.svg
Commons-logo.svg Commons
Vrye media
Wiktionary small.svg Wikiwoordeboek
Vrye woordeboek
Wikinews-logo-51px.png Wikinews
Vrye nuusbron
Wikisource-logo.svg Wikisource
Die vrye biblioteek
Wikibooks-logo.svg Wikibooks
Vrye boeke
Wikiquote-logo.svg Wikiquote
Aanhalings
Wikispecies-logo.svg Wikispecies
Spesie-indeks
Wikimedia Community Logo.svg Meta-Wiki
Projekkoördinering